I cannot begin to imagine a better second home for my little one! My son flourished in the care of Greenhill and I will always be grateful for the time we spent there.
Greenhill Boetiek Kleuterskool
Klein begin, groot toekoms.
‘n Eksklusiewe Afrikaanse Christelike kleuterskool in die hartjie van Lynnwoodrif, Pretoria-Oos. Ons kleuters leer deur spel, gerig deur die nasionale NCF-raamwerk, met klein klasgroepe en persoonlike aandag in ‘n veilige, geborge omgewing.
Holistiese ontwikkeling van 3 maande tot 5 jaar
Ons is ‘n eksklusiewe Afrikaanse Christelike kleuterskool in die hartjie van ‘n veilige, toegangsbeheerde area in Lynnwoodrif. Met ‘n beperkte inname van slegs 25 maats (vanaf 3 maande tot Graad R), waarborg ons dat elke kind die individuele liefde en aandag kry wat hulle verdien. Hier fokus ons op doelgerigte, persoonlike ontwikkeling in ‘n geborge omgewing waar kinders kan groei in geloof en speel.

Babas
Ons kleinste wonderwerke ontvang persoonlike aandag in ‘n rustige en higiëniese omgewing. Ons fokus op sensoriese ontwikkeling en sagte mylpale, terwyl elke kind die warmte van ons Christelike waardes van die begin af ervaar.
Meer oor ons babaprogram
Peuters
‘n Aktiewe fase van ontdekking waar nuuskierigheid gekoester word. Deur spelgebaseerde leer in Afrikaans moedig ons taalontwikkeling en sosiale vaardighede aan binne ‘n gestruktureerde ruimte wat die veiligheid van die huis weerspieël.
Meer oor ons peuterprogram
Kleuters
Bou selfvertroue deur kreatiewe uitdrukking en begeleide leerblokke. Ons boetiek-omgewing laat ruimte vir individuele aandag, met ‘n fokus op holistiese ontwikkeling en die vroeë vaardighede wat nodig is vir toekomstige skoolstelsel sukses.
Meer oor ons kleuterprogramDaaglikse Roetine
Die Greenhill Voorsprong
Ons fokus op eksklusiewe, Christelike ontwikkeling in ‘n kalm en moderne omgewing waar elke kind tel.

‘n Huis weg van die huis
Net 20–25 kinders in totaal: klein, intiem en persoonlik.

Sonkrag aangedrewe
Geen onderbreking tydens beurtkrag; leer gaan ononderbroke voort.

Uitstekende sekuriteit
Geslote perseel met biometriese toegang en kamerabewaking.

Lugversorgde klaskamers
Gemaklike, gereguleerde binnetemperatuur die hele jaar deur.

Slim babamonitering
Slaaptyd word veilig en deurlopend gemonitor by ons babas.

Lae kind-onderwyser verhouding
Meer individuele aandag en sorg vir elke kind.
Vertroue van ons ouers
As a Grandma, save and excellent stimulation! Always fun 😁 😂
Thé best in the East!
Beste kleuterskooltjie. Hulle doen soveel moeite met jou kind, in terme van aandag, kos, opvoeding en belangrikste liefde. Himne dra die kindertjies op haar hande en kan hul nie genoeg aanbeveel nie
Ons is ongelooflik dankbaar vir Greenhill Boetiek Kleuterskool. Die liefde, geduld en aandag wat die personeel aan elke kind gee, maak regtig ’n verskil. Hulle skep ’n veilige, gelukkige en stimulerende omgewing waar kinders kan groei, leer en selfvertroue ontwikkel.
Die kommunikasie met ouers is uitstekend en mens kan sien dat elke kind spesiaal behandel word. Ons dogtertjie het elke dag met opgewondenheid skool toe en huis toe gekom met nuwe stories en kennis.
Baie dankie aan Greenhill vir julle passie, omgee harte en harde werk. Ons kan die skool met groot vertroue aanbeveel!
My dogter was vanaf 3 maande oud tot amper 4 jaar oud by Greenhill. Die kwaliteit aandag, sensoriese aktiwiteite en goeie kommunikasie met ons as ouers het uitgestaan. Elke mooi foto of video van mylpale was so lekker om gereeld te ontvang. Die skool was die beste besluit wat ek kon maak as ‘n 1ste keer ma. Ek is self in onderwys en wou met ‘n rustige hart my kind in ‘n skool sit waar al die belangrike vaardighede gedek word. Jy kan nie verkeerd gaan met die top skool nie.
Vrede vir ń mama se hart!!!
Om te weet Himne en haar span by Greenhill kyk met liefde en omgee na jou kind, Himne het my dogtertjie beter as ek verstaan toe haar spraak bietjie langer vat, en so mooi gekommunikeer met haar en my as ouer. Dit was die beste besluit vir haar ontwikkeling wat ons kon maak!
My kleinkind is in Greenhill Boetiek Kleuterskool en wanneer ek kyk na sy vordering is ek so dankbaar dat hy daar is. Die sensoriese stimulasie wat daagliks toegepas word is uitnemend en die deernis waarmee hulle dit doen maak n ouma hart super gelukkig! Al die ekstra speelgoed op terrein vir hul balans en ontwikkeling en die simbooltjie aantrek dag is so oulik!!
Wat ouers self vir ons geskryf het
Words can’t describe how thankful we are for Himne and the amazing care she takes of our baby (5months old). Everything from the daily updates to the sensory activites and the work put in to help them reach their milestones, plus even more! Her and her team go above and beyond
Daar is nie woorde om te beskryf wat Himne en haar span vir jou en jou kleinding kan beteken nje.
Die skooltjie is gegrond in liefde. Dit stroom by elke kind uit wat by hulle is.
Himne en haar span maak leë koppies vol en vol koppies oorloop!
Bestel kleuterskool in pretoria!
My seun, Zion, is by hierdie skool en ek moet sê hy leer ongelooflik baie. Die vaardighede wat hy hier aanleer is regtig van die hoogste gehalte…
Die mees wonderlikste skooltjie! Waar liefde blom, lag van natuur is en veiligheid soos ‘n mamma vir haar eie kinderjies. Dis die lekkerste gevoel om te weet ek los my kindjie in goeie hande waar dit regtig sy 2e huis is, hy voel tuis en op sy gemak! Daar word aan en uitgetrek soos die weer verander, ek weet as dit reën is hy lekker warm in die klassie, geen haas om hom vinniger by die huis te kry nie. Sy magie is vol met die lekkerste kos, hy eksperimenteer met allerhande sensoriese dinge wat veilig is om mond toe te gaan ook, mylpale word op gefokus en behaal. Die mamma hart, kan met ‘n geruste hart aangaan met werk deur die dag.
Een eenvoudige, alles-ingesluit fooi
R5 500 per kind per maand, dieselfde vir alle ouderdomme, met ontbyt en ‘n vars middagete ingesluit. Plekke is beperk, so kom vroeg op die waglys.
Kom gesels met ons
Maandag – Vrydag · 06:40 – 17:30
Lynnwood Ridge, Pretoria
himne@greenhillboetiek.co.za
078 356 2003